Index: Afrikaans

 

Genesis 16

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

16:1 Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.

16:2 En Sarai het vir Abram ges: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.

16:3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin--nadat Abram tien jaar in die land Kanan gewoon het--en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.

16:4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar o geword.

16:5 En Sarai s vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar o geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.

16:6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand--doen met haar soos dit goed is in jou o. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

16:7 En die Engel van die HERE het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,

16:8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.

16:9 Toe s die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.

16:10 Verder s die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanwe die menigte nie getel kan word nie.

16:11 Ook s die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.

16:12 En hy sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.

16:13 Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het ges: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?

16:14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Ro. Dit l daar tussen Kades en Bered.

16:15 En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.

16:16 En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.

 


Credit Cards - Loans - Debt Consolidation - Auto Loan - Personal Loan - Free Credit Report
Shop Online at Amazon Astores!
Perfume - Xbox 360 Games - Camera Lenses - Camera Lens - Office Chairs - Golf Clubs - PSP Games - Portable DVD Players - Nintendo DS Lite - Nintendo Wii Games - Xbox 360 - Samsung Phones - Sony Phones - Nokia Phones - Motorola Phones - PS3 Games - Apple iTouch -


Home Online Bible Search Bible Study Tools  
Online Bibles:
Afrikaans Albanian American Standard Basic English Bulgarian Cebuano Chinese Union Croatian
Danish Darby Douay Rehims Dutch Finnish French Darby Haitian Creole Hungarian
Indonesian Italian King James Korean Maori Modern Greek Norwegian Portuguese
Russian Spanish Swedish Thai Vietnamese Webster World English Youngs

Online Dictionaries: Easton's Bible Dictionary

       


Find jobs - Kamala Harris - PT Cruiser - 实验室仪器 分析仪器 磁力搅拌器 分 - Property in Abu Dhabi Website Design © 2005-2008