10:1 En die seuns van Aron, Nadab en Abhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
10:3 Toe s Moses vir Aron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te s: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die o van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aron het stilgebly.
10:4 En Moses het Msael en lsafan, die seuns van Ussl, die oom van Aron, geroep en aan hulle ges: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.
10:5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses ges het.
10:6 Daarop s Moses aan Aron en sy seuns Elesar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
10:7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
10:8 En die HERE het met Aron gespreek en ges:
10:9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte;
10:10 en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
10:11 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.
10:12 En Moses het met Aron gespreek en met sy seuns Elesar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.
10:13 Daarom moet julle dit op 'n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; want so is aan my bevel gegee.
10:14 Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op 'n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.
10:15 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.
10:16 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Elesar en Itamar, die seuns van Aron wat oorgebly het; en hy het ges:
10:17 Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.
10:18 Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geet het soos ek beveel het.
10:19 Toe s Aron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geet het, sou dit goed gewees het in die o van die HERE?
10:20 Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy o.
Credit Cards -
Loans -
Debt Consolidation -
Auto Loan -
Personal Loan -
Free Credit Report
Shop Online at Amazon Astores!
Perfume -
Xbox 360 Games -
Camera Lenses -
Camera Lens -
Office Chairs -
Golf Clubs -
PSP Games -
Portable DVD Players -
Nintendo DS Lite -
Nintendo Wii Games -
Xbox 360 -
Samsung Phones -
Sony Phones -
Nokia Phones -
Motorola Phones -
PS3 Games -
Apple iTouch -